My Tween, Puberteit en Seksvoorligting
Ongelukkig lewe ons in ‘n wereld waar ons en ons kinders op ‘n daaglikes basis gebombardeer word met dinge van ‘n seksuele aard. Dit word as’t ware op ‘n silwer skinkbord agter ons aangedra en na ons toe uitgehou; om elke hoek en draai. Ons word stelselmatig so gedesensitiseer daardeur, dat ons dit self dalk nie eens meer agterkom nie.